BEJAARDE & GESTREMDE BEHUISING MET VERSORGING BYSTAND         

NPO 198 704     NPC 2013/023023/08      

CHRISTEN GENOEG OM GOD ROEKELOOS TE VERTROU!


INSKRYWINGSVORM - VOLTOOI EN STUUR PER E-POS NA:

eretoekennings@athalia.co.za

INSKRYWINGSVORM - KLIEK OP SKAKEL ONDER OM OOP TE MAAK


2018%20OUPA%20EN%20OUMA%20ROOS-INSKRYFVORM.docx  


OUPA EN OUMA ERETOEKENNINGS

Nominasies is reeds oop en sluit 31 AUGUSTUS 2018


Is jou oupa of ouma die beste?

Oupas en oumas is spesiale geskenke van God aan kleinkinders en verdien erkenning vir hul onbaatsugtige liefde vir hul kleinkinders. Dit is ook vir grootouers van ontskatbare waarde om met kleinkinders geseënd te wees en die eretitel van Oupa of Ouma te dra. Nou het kinders en kleinkinders die geleentheid om met die spesiale oupa en ouma in hul familie te spog deur hulle vir die eretitel as beste oupa of ouma te benoem. Dit is nie ‘n KOMPETISIE nie en om bloot net vir dié titel benoem te word is reeds vir dié grootouers ’n spesiale eer en elke oupa en ouma verdien die voorreg.

Finaliste is eregaste op ’n rooitapyt gala-kroningsaand. Laura Erlank en haar professionele span by Magic Events Wedding and Function Venue Kelleysview, gaan die gaste trakteer met ‘n drie-gang maaltyd. Programbestuurders Johan Gunter.  Spesiale oomblikke gedurende die aand word deur op fotos vasgelê.

Die Athalia Oupa en Ouma Roos Eretoekennings vorm ook deel van die Bloemfontein-Roosfees.

Wie bied dit aan?                                Bloemnuus, Radio Rosestad en Athalia Uitreik

Wie mag of kan deelneem?                  Enige persoon wat ’n oupa of ouma is.

Wie mag hulle benoem of inskryf?  

Enige kind, kleinkind, vriende of lid van die publiek. 

Oupa en Ouma mag hulself ook inskryf.

Is daar ’n ouderdomsbeperking?    Geen                                               Wat kos die inskrywings?                    Inskrywings is gratis

Is daar verskillende kategorieë?         Daar is is 3 kategorieë,

Grootouers mag vir meer as een kategorie inskryf, ‘n inskrywingsvorm per kategorie naamlik:

                                                        1. Oupa & Ouma Roos Egpaar                                                                 2. Oupa Roos 

                                                        3. Ouma Roos

Spesiale voorwaardes?

Moet in die verspreidingsgebied van Bloemnuus woon.                                                

Moet die kroningsgeleentheid op 16 Oktober 2018 in Bloemfontein bywoon.

Wat is die sluitingsdatum vir inskrywings? 31 Augutus 2018

NOMINASIE voorwaardes, asook inskryfkeuses, is op die inskryfvorm.

Spesiale aanbeveling: ’n Foto wat die spesiale band tussen grootouer(s) en kleinkinders weerspieël, moet die inskrywing vergesel.

PRYSE:

1.       Kategoriewenners ontvang elk ’n ereband, ’n geraamde sertifikaat geborg deur Kotzé Kunsgallery ’n wegbreeknaweek asook spesiale ander bederfgeskenke.

2.       ’n Spesiale Gelukstrekking word op die gala-kroningsaand gehou.

Besoek die webtuiste om in te skryf of vir meer inligting: www.athalia.co.za 

Navrae Sonja   Landlyn 051 522 1131 / 051 522 6089  of  Ans Coetzee by 082-467-6471, e-pos navrae eretoekennings@athalia.co.za 

 

Inskrywings sluit op 31  Augustus 2018 om 12:00

Inskrywings moet skriftelik voor of op sluitingsdatum ingehandig word by Athalia se kantoor, 25 de Jagerstraat, Fichardtpark, Bloemfontein, of kan aanlyn gedoen word by http://athalia.co.za . Daar is geen beperking op ouderdom van oupa of ouma nie.


VUL DIE BESONDERHEDE VIR U NOMINASIE IN OP ONDERSTAANDE VORM:



 Kliek om skakel oop te maak

2018%20OUPA%20EN%20OUMA%20ROOS-INSKRYFVORM.docx 

KONTAK BESONDERHEDE

SKAKELBORD

051 522 6089

051 5221131

 

Faks: 086 5757 574

Verblyf Navrae:

navrae@athalia.co.za

 Om betrokke te raak:

admin@athalia.co.za


 

 

Kantoorure

Monday
8:0017:00
Tuesday
8:0017:00
Wednesday
8:0017:00
Thursday
8:0017:00
Friday
8:0017:00
Tuistes Besoektye; Oggend 9:00 tot 12:00 : Middag 15:00 tot 16:30 : Aand 19:00 tot 20:00

 

 

Ons Span

Ans Coetzee
Annélize vd Walt
Allie vd Walt